Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Amo O'Kennedy

Dié wyse gryses kan jou baie leer

2012-10-01 08:20
Tweets Share Share line Print

My gespreksgenote was twee Zimbabwiese ingenieursstudente.
  
Ek het vertel van my onlangse besoek aan Europa en hoe ek kon ervaar dat dié eens voortvarende kontinent nou ‘n donker periode in die gesig staar. Hul voorvaders het ons geliefde vasteland as donker Afrika gedoop, maar nou het Anton Goosen se winde van verandering ongevraagd die donker wolke oor die Mediterreense see na dié einste kontinent gewaai.  

Hulle het vertel van hul ervaring onder Zanu-PF se skrikbewind. Hulle goeie opvoeding – een van die verblydende oorblyfsels van die Britse imperialiste. Een van hulle, wie se beurs deur die Zimbabwiese regering teruggetrek is ná hy twee vakke in sy tweede jaar se eerste semester gedruip het, het vertel hoe hy dit geniet het om mondelinge op skool te looi met hogere Brits. Frases soos “impending disaster” en “a travesty of injustice” was die rugraat van sy voordrag.

Dit was ‘n vrugbare gesprek. Ons het gepraat as Afrikane, maar tog het ek op ‘n subtiele manier Europa verteenwoordig en hulle Afrika. Ons het gepraat oor die verskille tussen “ons” en "hulle”. 

“Hoekom stuur julle bejaardes na ouetehuise?” het my een Zimbabwiese vriend gevra. Die ander het bygevoeg dat dit heeltemal buite sy verwysingsraamwerk is om bejaardes weg te sluit in tehuise. “It is sinister”, het hy dit gestel. Hy het vertel dat hy graag met sy salaris wat hy eendag as ingenieur gaan verdien vir sy ouma wil sorg.
 
Ek het babbels gehap. Ek het probeer verduidelik dat ons hulle darem nie in ‘n soort tronk laat opsluit nie, maar in aftree-oorde met spesialis- mediese sorg, vermaak en ander fasiliteite spesifiek vir bejaardes. Diep binne my (daardie deel wat weet dat ek ook gaan oud word) het geweet hy was reg... dit wat ons samelewing met ons bejaardes doen is wel “sinister”.

In 2003 het ‘n erge hittegolf Europa en veral Frankryk getref. Vir sewe dae lank het die kwik nie onder 40°C in Frankryk gedaal nie. Altesaam 14 802 hitte-verwante sterftes, waarvan die meeste bejaardes was, het gevolg. Die Franse regering het ook babbels gehap – hoe kon so baie bejaardes sterf in ‘n week wat nie veel warmer as ‘n tipiese somerweek in Bloemfontein was nie?

Opvolgnavorsing het bewys dat die grootste persentasie van bejaardes wat gesterf het, alleen gebly het. Daar was geen mense naby hulle wat hulle kon help om die nodige aanpassings vir die warm weer te maak nie. Hulle het nie soseer gesterf van die hitte nie, maar eerder as gevolg van isolasie. Sommige bejaardes se lyke is eers dae ná hul dood uit hul huise verwyder, nie omdat daar te veel werk vir die ondernemers was nie, maar eerder omdat niemand gereelde kontak met hulle gehad het nie. 

Hoe het hulle agter gekom daar is ‘n dooie bejaarde in ‘n huis? Die bure het die stank geruik.

Miskien is daar ‘n bietjie hartseer ironie in hierdie stukkie Europese geskiedenis, want die generasie wat hulle afgesloof het met die hoop van ‘n beter lewe vir ons, kry juis dit – stank vir dank.

En die ironie gaan verder. Ons haal graag aan dat ervaring die beste leerskool is, maar ons verban die mense met die meeste onderskeidings in hierdie leerskool na aftree-oorde. Ons soek vir wysheid en goeie lewensraad, maar vergeet van die wyse gryses wat eensaam in die koue gange van ouetehuise ronddwaal.

En die ergste: ons vergeet dat ons self bejaard gaan raak en dat die samelewing wat ons nou vestig ons eendag ook met minagting gaan uitdryf na kitch-versierde potplant-verdringde woonstelle ver weg van ons geliefdes.

Tehuise vir ouer mense is nie noodwendig sleg nie. Dit verskaf spesiale dienste aan bejaardes wat nie altyd beskikbaar is in ander woongebiede nie. Tog is dit die onderliggende idee van die marginalisering van bejaardes wat pla. Hulle het soveel om te bied, soveel om by te dra juis as gevolg van hul ouderdom, dat ons nie kan bekostig om hierdie waardevolle, maar weerlose en onderdrukte groep mense te misken nie.

Ek dink ons vrees bejaardes. Ons is bejaarde-fobies. Eerstens omdat ons self oud word vrees en hulle ons daaraan herinner.  Tweedens omdat ons bang is hulle gaan met hul jare se wysheid deur ons skynkultuur kyk en ons onvolwassenheid blootlê.

As jy nie verstaan wat ek bedoel nie, gaan na jou naaste ouetehuis en vra vir die eerste gryskop omie of tannie die volgende vraag en meet jou prioriteite daarteen: 

Waaroor gaan die lewe?

– Amo is ‘n vryskutskrywer en studenteleraar by Shofar in Stellenbosch. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Amo

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday Durban - 07:33 AM
    Road name: M13 King Cetswayo Highway
    TRAFFIC LIGHTS not working at 45th Cutting - HEAVY EASTBOUND DELAYS from Westville
  • Tuesday Durban - 07:13 AM
    Road name: N2 Southbound
    DELAYS between the Clare Road bridge and Spaghetti Junction
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Lagoon Beach Hotel - Milnerton

Spend 3 nights and pay for 2 nights per person sharing for R2 863 at the Lagoon Beach Hotel - Milnerton. The special includes accommodation, return flights, car rental and local travel insurance.


Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag. Boeke sluit in Sylvia Day se nuwe topverkopers Entwined with You, Reflected in You en nog veel meer. Koop nou!

Tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U

Moenie hierdie ongelooflike aanbod mis van tot 30% afslag op speletjies en toebehore vir Wii U. Aanbod geldig vir solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Superslim, fantastiese kombuisware + ’n GRATIS kookboek!

Spandeer R200 of meer op Progressive-kombuisware en kry ’n GRATIS kopie van Masterchef South Africa se kookboek. Koop nou!

DVD’s van Top Gear – 2 vir R99

Kry 2 DVD’s van Top Gear vir R99 en versnel die toekoms in (of gaan terug in tyd) van die opwindende motorwêreld. Koop nou!

Tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com

Kry tot 60% afslag op gesogte items by kalahari.com. Buitelewe-produkte, gereedskap, bagasie, DVD’s en nog meer. Koop nou!

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag

Koop 3 boeke van Sylvia Day en kry 30% afslag. Boeke sluit in Sylvia Day se nuwe topverkopers Entwined with You, Reflected in You en nog veel meer. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.