Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Adriana Roos

Dít leer jy op die trein

2012-07-02 08:29
Tweets Share Share line Print

Ek het my eerste kar op 28 gekry. Ek kon nie regtig sê of ek bly of hartseer was nie. Dit was een van daardie bittersoet-oomblikke. Bly omdat dit ‘n mooi ou Merc was, en effens hartseer omdat dit die tekort van openbare vervoer vir my vergestalt het.

Na vier jaar in die buiteland, met wonderlike openbare vervoer, het ek teruggetrek Suid-Afrika toe.

Ek het op Potchefstroom geswot, en daar was ‘n kar skaars nodig. Jy kon alles op kampus, en loopafstand daarvan vind. Vir verdere uitstappies het ek met my pa se ou fiets rondgery, of soms vreemdelinge (wat soos betroubare A-studente gelyk het) vir ‘n lift terug kampus toe gevra as ek my foto's in die dorp gaan ontwikkel het.

Na ek graad gevang het, het ek Engeland toe getrek, en hier het my avonture op openbare vervoer begin. Gou het ek geleer dat ‘n glimlag op die underground nie van pas is nie. Vermy oogkontak, luister na jou eie klankbaan op jou i-Pod en hê altyd ‘n boek byderhand. So het ek die treine daagliks gery, en vinnig gewoond geraak aan dié effektiewe, gerieflike en vermaaklike vorm van openbare vervoer. Gereelde treinkarakters het gou aan my bekend geword; dié wat staar, dié wat laataand kliphard met hulself gesels en dié wat daagliks met geen gesigsuitdrukking hul roete blindelings volg. Treinry was nie net vir my prakties nie, maar dit was waar ek mense dopgehou, bestudeer en probeer ontsyfer het.

Na twee jaar in Engeland, het ek die koue vir dit hitte van Mexiko verruil. Hier het ek gou geleer dat my idees en opinies oor openbare vervoer baie eensydig was. In Mexiko is daar geen konsep soos "jou ruimte" nie, en sonder fisieke kontak sal ‘n rit op die metro onvolledig wees. In kontras met Engeland is ‘n gesprek met ‘n vreemdeling, of ten minste ‘n glimlag, in orde. En jou eie i-Pod klankbaan word vervang met die pirated CD-verkopers wat klipharde treffers deur die trein laat weergalm. Ek het gesien dat impromptu vertonings welkom is, dat taxi-bestuurders heel moontlik voormalige grand-prix-drywers is, en dat ‘n jy enigiets van ‘n taco tot ‘n mielie met die een hand kon eet, terwyl jy met die ander hand ‘n vashouplek probeer soek het.

Terug in Suid-Afrika was ek aanvanklik baie skepties oor die stand van openbare vervoer. Ek was nie lus vir ry, parkering soek, en petrol ingooi nie. Al wat ek wou hê was die doeltreffendheid van Engelse, en die vermaak van Mexikaanse openbare vervoer. Maar Kaapse inwoners was selfs meer skepties as ek, en het my gewaarsku oor die onveiligheid en onbetroubaarheid van dié dienste.

Ek het besluit om dit self uit te toets, en in my eerste paar maande – dis nou voor die Merc – het ek met behulp van taxi’s, die MyCiti, die trein én goeie vriende maklik orals uitgekom. Soos in al die ander lande, was my ervaring gevul met ‘n paar vreemde en ongemaklike oomblikke, maar my notas oor karakters het by die dag gegroei. Na ek ‘n paar van hiérdie stories vir my pa vertel het, het hy besluit dit is hoogtyd vir sy dogter om ‘n kar te besit, en so het die ou Merc in my lewe gekom.

Ek het egter aanhou karakters soek op openbare vervoer, en besluit om my ouers te nooi vir ‘n treinrit na Kalkbaai. My pa se weskus-vriende het hom gewaarsku oor die onveiligheid van treine in die stad, maar hy en my ma het ingestem om self te kom ondersoek instel. Die rit was sonder enige nare insidente, met ‘n maar vermaaklikheids-ooblikke, en het my pa uiteindelik gerusgestel oor my alewige verskoning om ‘n trein of ‘n taxi te ry.

– Adriana Roos is ‘n fotograaf en skrywer. Jy kan haar hier volg op Twitter.
 

Stuur jou kommentaar aan Adriana

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Bedfordview - 13:58 PM
    Road name: N3 Southbound
    STATIONARY LDV and a STATIIONARY TRUCK in the middle lane between Gilloolys Interchange and the Van Buuren Road exit - DELAYS
  • Wednesday Bedfordview - 13:36 PM
    Road name: N12 / R24 Westbound
    DELAYS on both routes towards Gilloolys Interchange due to a stationary LDV and a TRUCK before Van Buuren Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.