’n Duiwel van ’n roete - Taaibos-4x4
2011-07-27 16:06
Toe sy vrou voorstel hulle maak ’n draai by die Waterberg-wildsfees op Vaalwater in Limpopo, het hy ja gesê, vertel Nico Swart. Maar net omdat hy ’n meneer van ’n roete wat hom eenkeer sleg laat les opsê het, wou gaan terugbetaal …
Die rustige amperdorpie Vaalwater lê omtrent 200 km noordwes van Pretoria, verby Bela-Bela en Modimolle. Op ’n kaart moet jy fyn kyk of jy lees hom mis; dis selfs ’n uitdaging op Garmin se Street Maps.
Dié piepklein plekkie het twee vulstasies, ’n handjievol winkels en banke, ’n hotel en ’n paar landbou-ondernemings. Dis veral bekend vir die jaarlikse Waterberg-wildsfees, waar ’n veiling en musiekfees vir groot vermaak sorg.
Kyk, ek en Vaalwater ken mekaar. Ek het nege jaar gelede as ’n vry man hier aangekom, en sedertdien was ek al op allerlei familiesaamtrekke, met dié dat my vrou se oupa en ouma, ooms, tannies, nefies en niggies almal hier woon.
Ek was egter nog nooit by die wildsfees nie en toe my vrou, Jeanti, verlede jaar voorstel ons gaan, het ek ja gesê omdat ek ’n appeltjie te skil het met die plek.
Sowat ses jaar gelede, toe ek net my eerste 4x4 – ’n Colt Rodeo 2800 Tdi-dubbelkajuit - gekoop het, het ek en ’n paar vriende ’n kort roete sowat 30 km noord van Vaalwater op pad na Lephalale (voorheen Ellisras) gaan ry. Dit staan bekend as Taaibos.

– Lees verder by WegRy
– Volg Nuus24 op Twitter