'n Dag-uitstappie na Tsjernobil
2011-02-24 14:12
Wil jy ‘n Europese stad besoek wat so stil is dat jy in die middag voëls in die hoofstraat kan hoor sing?
‘n Plek waar die internet ongehoord van is en die gelui van selfone nooit die rustigheid sal versteur nie?
Droom jy van strate waar daar nie motors rondrits nie en waar diere vrylik hul gang kan gaan?
Welkom by Pripyat, die spookstad van Tsjernobil.
Toe reaktor nommer vier in April 1986 by die Tsjernobil kernkragstasie ontplof het en ‘n dik wolk van bestraling oor groot dele van Europa gelaat het, sou min mense gedink het dat dit eendag as ‘n nuwe, opwindende toeristebestemming gesien sou word.
Nietemin, toe Oekraïne onlangs aangekondig het dat toeriste kort en hoogs gereguleerde besoeke aan die 30-myl-sone om die ontplofte reaktor sou kon aflê, was dit presies wat gebeur het.
Hoe veilig is dit?
Volgens kenners is die areas waar daar meer intense bestraling voorkom deur die sone versprei, so besoekers word aangeraai om gidse baie versigtig te volg.
Hier word jy nie toegelaat om uit die groep weg te breek om op jou eie te gaan verken nie.
Wat om te sien
Pripyat was die tuisdorp van 50 000 mense, insluitende werkers van die nabygeleë Tsjernobil-plantasie, totdat almal sowat 36 uur ná die ontploffing ontruim is.
Hulle is gesê dat hulle binne ‘n paar dae sou kon terugkeer, maar die inwoners het nooit weer huis toe gegaan nie.
Vandag, meer as twee dekades later, is die stad se strate oorgroei en skole, woonstelblokke en winkels, verbrokkel onder die hand van tyd en die elemente.
‘n Toer deur Tripyat laat jou voel asof jy in ‘n film is.
Een van die beelde wat besoekers aan die stad sal bybly is die Ferris-wiel in die pretpark. Die kermis was geskeduleer om net ‘n paar dae voor die ontploffing te begin en die Ferris-wiel het nooit ‘n kans gekry om te draai nie.
Kliek hier om meer te lees.