iPad hou BA-bemanning op hoogte
2011-08-22 18:57
Kaapstad – Bemanningslede van British Airways gebruik die iPad om ‘n nuwe dimensie aan kliëntediens in die lug te bring.
Deur gebruik te maak van die iPads kan die bemanning op hoogte gebring word van ‘n passasier se voorkeure en reis-reëlings voordat hulle aan boord die vliegtuig klim.
Dit stel die bemanning in staat om ‘n meer persoonlike diens aan passasiers te lewer.
Met die iPad se hulp weet die bemanning waar elke passasier sit, saam met wie hulle reis en enige spesiale kosvoorkeure.
Dit beteken ook dat enige kwessies met kollegas op die grond bespreek kan word sodat oplossings tydens die vlug gelewer kan word.
Tans word die bemanning, kort nadat al die passasiers aan boord is, voorsien met ‘n lang lys van sowat 337 passasiers.
Met die iPad kan hulle slegs die program met 3G opdateer en hulle sal ‘n volledige lys hê van die passasiers aan boord.
– Lees meer by iafrica
– Volg Nuus24 op Twitter