Zambië kry nuwe lugredery
2011-10-17 09:40
Kaapstad – Zambië beplan ‘n nuwe nasionale lugredery, Fly Zambia, wat later die jaar bekendgestel sal word.
Die bekendstelling is vertraag as gevolg van tegniese vertragings in lisensiëring en befondsing, het die Times of Zambia berig.
“Ons finaliseer net dokumentasie oor die vennootskap, befondsing en die lisensiëring van die lugredery,” het die president van Fly Zambia, Joel Chilufya, aan die koerant gesê.
Hy het bygevoeg dat die nuwe lugredery nou in ‘n latere datum bekendgestel gaan word, met ‘n oorspronklike belegging van $21 miljoen (R166 miljoen) om dit te befonds.
Die lugredery sou oorspronklik in September begin vlieg het. Dit is begin deur ‘n groep Zambiese en Suid-Afrikaanse kenners in die lugvaartbedryf, in samewerking met die Zambiese regering.
– Tourism Update
– Volg Nuus24 op Twitter