Yslandse vulkaan nou gewild onder toeriste

2011-07-22 10:17
Tweets Share Share line Print

Eyjafjallajokull – Die Yslandse vulkaan wat verlede jaar chaos veroorsaak het toe sy aswolke honderde vlugte op lughawens in Europa gestrand het, het nou ‘n gewilde toeristebestemming geword.

“Mense is baie geïnteresseerd. Hulle wil in die krater van die vulkaan staan wat veroorsaak het dat hulle hul vlugte gemis het,” het Arsell Hauksson, ‘n kampeerterreinbestuurder aan die voet van die Eyjafjallajokull-berg, laggend vertel.

Die kans om by een van Ysland se 130 aktiewe vulkane op te klouter, is lank reeds vir dié land ‘n bron van inkomste met toeriste wat van oral kom om dit te beleef. Die uitbarsting van die Eyjafjoell-vulkaan verlede jaar het dié bedryf egter ‘n aansienlike hupstoot gegee.

“Ons ken almal iemand wat deur die chaos geraak is… Mense gaan nog vir jare oor die uitbarsting praat,” het Hauksson gesê.

Alles was egter nie verlede jaar so rooskleurig toe dié vulkaan ‘n wolk as sowat nege kilometer die lug in geblaas het nie.

Volgense Yslandse standaarde was Eyjafjoell se uitbarsting relatief klein. Die Grimsvoetn-vulkaan wat in Mei vanjaar uitgebars het, het meer as in een dag uitgeblaas as wat Eyjafjoell in veertig dae uitgeblaas het.

Sterk winde het egter Eyjafjoell se as na Europa geblaas en veroorsaak dat die kontinent se lugweë vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog vir so ‘n lang tydperk gesluit moes word.

Dié uitbarsting het Ysland se toerisme verlede jaar ‘n groot knou toegedien.

“Ek het die meeste besprekings ooit vir Mei verlede jaar gehad … en niemand het opgedaag nie as gevolg van die as,” het Unnar Gardarsson, Ice Safari se bestuurder gesê.

Sestien maande later fluit hy egter ‘n ander deuntjie op die rant van Eyjafjoell se gloeiende krater, met toeriste wat nou hierheen stroom.

“Die uitbarsting het Ysland op die kaart gesit,” meen hy. “Eyjafjoell was nog altyd baie mooi en nou is dit ook beroemd.”

– Volg Nuus24 op Twitter.

- AFP

Lees meer oor: ysland  |  eyjafjallajokull  |  vulkane

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2006
R 209,950.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.