Woodstock-winkels wil betower die Kersfees
2011-11-29 22:51
Kaapstad – Winkels van nommer 42 tot nommer 224 Sir Lowry-straat in Kaapstad sal van 1 Desember tot 19:00 oopbly en besoekers betower met hul uitverkopings, heerlike eetgoed en, soos Nicola Jackson, die brein agter die konsep sê: “Goed wat jy regtig moet koop.”
Die Donderdagaand inkopie-idee het by Nicola van Me and You begin en sy en haar vriend Carey het die idee lewe gegee in die hoop om meer aandag op dié omgewing te plaas.
Hulle wil al die winkels in die omgewing betrek en het die konsep “Everything Here is Wonderful” gedoop.
– Besoek Visi vir meer inligting
– Volg Nuus24 op Twitter