Winter-winde laat sweefspoor sluit
2011-06-08 13:33
Kaapstad - Die sterk wind wat in die Kaapse Skiereiland waai het daartoe gelei dat die kabelspoor op Tafelberg vir die tweede agtereenvolgende dag gesluit is.
Veerbote wat na Robben-eiland vaar is ook gekanselleer.
Die woordvoerder van die kabelspoor, Collette van Aswegen, sê hul monitor die situasie en sodra die wind gaan lê, sal die spoor weer oopgestel word.
Passasiers wat bespreek het om op die veerboot te vaar, sal hul geld terug kry of hul besprekings sal uitgestel word.
Die suidooster waai teen sowat 100 km/h.
- RSG
Volg Nuus24 op Twitter