Weskus-gasvryheid en blomme noodsaak besoek

2011-07-26 10:37
Tweets Share Share line Print

Die blomtapyt teen die Langebaan-strandmeer lok jaarliks duisende besoekers.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vissersdorpies en die ongetemde, ruwe kuslyn lewer karaktervolle vissermanne met stories so groot soos die vis wat weggekom het, kreef, walvisse, bokkoms, watersport en avontuur.

Wyn en olywe, kuns en kultuur, 4x4- en staproetes lok baie toeriste en dan, natuurlik die blomme.

Die Weskus word in die vroeë lente al getooi met wit en geel madeliefies sowel as blou en pienk nemesias. Weggesteek tussen die groter plante, kruip ander juwele soos ­winecups, sparaxis, lachenalias en babnias weg.

In die Weskus Nasionale Park verwelkom plate blomme die besoeker, en die publiek kan die Postberg-reservaat tussen Augustus en September besoek.

Moet ook nie die Kaap Co­lum­bine-reservaat by Paternoster en die reservate by Darling, Hopefield, Clanwil­liam en Vanrhynsdorp misloop nie.

Maak seker by die onderskeie streeksbeamptes waar daar blom­reservate is.

Daar is ook belangrike veldblomskoue wat jy van Augustus tot September kan bywoon.

Hieronder tel die Vanrhynsdorp-vetplantskou, wat van 30 Julie tot 31 Augustus plaasvind, die Hopefield-fynbosskou van 25 tot 28 Augustus, die Clanwilliam-veldblomskou van 25 tot 31 Augustus, die Darling-veldblomskou van 16 tot 18 September en die Duckitt-orgideë­skou van 15 tot 18 September.

Met die reënval wat tot laat Oktober kan strek, is kleurryke vygies, watsonias asook oranje en geel stinkkruid volop en kan die kus se blomtydperk selfs nog langer aanhou.

Langs die kus verskyn wolke pienk seelaventel asook rooi en oranje botterblomme, sowel as plakkie-blomme, in die middel van die ­somer.

In die ­winter blom die geel en oranje chasmanthes terwyl roomkleurige aronskelke die vleilande en paaie vul.

Die blomtapyt teen die Langebaan-strandmeer lok jaarliks duisende besoekers.

’’Daar is belangrike veldblomskoue wat jy van Augustus tot September kan bywoon.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: weskus  |  reis  |  toerisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2006
R 209,950.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.