Wes-Kaap vry na toeriste uit Bric-lande

2011-07-28 11:04
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Wes-Kaapse toerismebedryf voer groot planne in die mou om voelers uit te steek na nuwe markte, soos dié van die Bric-lande (Brasilië, Rusland, Indië en China) om die bedryf hier ’n hupstoot te gee.

Alan Winde, provinsiale minister van ekonomiese ontwikkeling en toerisme, het gister gesê die huidige insinking in die toerismebedryf is nie ongewoon nie.

Dít kom nadat die ANC in die provinsiale parlement die DA voor stok gekry het oor swak toerismesyfers.

Hotelle, restaurante en ander toeriste-instellings het reeds vir hoëvlak-ingryping deur die nasionale regering gevra.

Waar die Wes-Kaap voorheen die tweede meeste buitelandse besoekers gelok het, is dié provinsie nou in die vierde plek.

Lynne Brown, ANC-LPP, het gesê die DA moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir die toerismekrisis en die duisende werksgeleenthede wat hierdeur in die Wes-Kaap verlore kan gaan.

“Die toerismebedryf kan nie wit en duur bly nie.”

Volgens Winde kan die insinking egter toegeskryf word aan die winterseisoen en die feit dat gasheerlande van internasionale geleenthede, soos verlede jaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi, gewoonlik deur so ’n insinking ná die gebeurtenis gaan.

Hy het bygevoeg die feit dat tradisionele markte soos die VSA en Europa steeds steier onder die ergste resessie in 60jaar dra tot die insinking by.

Winde het gesê ofskoon die toeristesyfers laer is, is dié toeriste gewoonlik meer welaf, bestee hulle meer en bly hulle langer.

“Ons is besig om strategies en proaktief plaaslike toerisme, toerisme uit Afrika-markte, saketoerisme en nuwe markte te ontgin om die bedryf ’n hupstoot te gee.”

Volgens hom word Gautengers en inwoners van ander provinsies geteiken deur die Wes-Kaap te bemark as ’n waarde-vir-geld-bestemming.

“Ons moet ook ten volle gebruik maak van ons bande met die Bric-lande en gaan die Wes-Kaap in September by groot handelsekspo’s in Brasilië en Argentinië bemark.”

Syfers toon Chinese besoekers aan die Wes-Kaap het van sowat 26000 in 2009 tot sowat 41000 in 2010 toegeneem. Ook besoekers uit Indië en Brasilië het toegeneem.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: wes-kaap  |  brasilië  |  china  |  toerisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2006
R 209,950.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.