Wêreld se hoogste pretrit gesluit
2010-03-26 15:21
Singapoer – Owerhede in Singapoer het ‘n gewilde pretrit by die Universal Studios-pretpark gesluit weens ‘n “tegniese fout".
Dít kom slegs ‘n week nadat dié gewilde pretpark sy deure vir die publiek oopgemaak het.
Volgens die Straits Times is die Battlestar Galactica-pretrit, wat sowat 42,5m hoog is, vir eers gesluit.
Die polisie het ook dadelik die lisensie van hierdie pretrit teruggetrek.
Kort voor die opening van die park het kundiges ‘n tegniese fout bespeur.
Die Battlestar Galactica-pretrit, wat die hoogste in die wêreld is, het twee waentjies wat op mekaar afpyl en dan nouliks uitswaai om ‘n botsing na te maak.
- Sapa-dpa