Wêreld se grootste passasierskip geloods
2010-12-06 09:41
Kaapstad - Royal Caribbean International se Allure of the Seas, die wêreld se grootste passasierskip, is sopas bekendgestel en gaan haar eerste tog op die waters onderneem.

Dié bielie van 'n boot weeg 225 282 ton en kan niks minder nie as 5 400 passasiers op sewe vloere huisves. Dit is vervaardig deur die Finse maatskappy STX Shipyard.
Die Allure is byna identies aan haar susterskip, die Oasis of the Seas. Maar eersgenoemde bied ander restaurante en winkels, asook haar eie ontspanningsgeriewe en is boonop 'n volle twee duim langer as die Oasis.
Lees meer op frommers.com