Wenke vir 'n fiets-vakansie

2011-04-07 12:27
Tweets Share Share line Print

Dit is tyd om die stof van jou fiets af te spuit, want met stygende brandstofpryse is dit een van die goedkoopste en prettigste maniere om die wêreld te sien.

Om met ‘n fiets te reis gee jou al die vryheid wat jy wil hê en dit is boonop eko-vriendelik en ‘n goeie vorm van oefening.

Hier is ‘n paar vrae om te vra voordat jy jou fietstoer beplan.

Hoe lank wil jy gaan?

Dit is op die ou einde jou keuse. Maak net seker dat jy genoeg tyd inreken vir wat jy alles beplan om te sien.

Dit sal ook afhang van jou vlak van fiksheid.

Waar wil jy gaan?

Daar is talle kaarte van fietsroetes oor die wêreld beskikbaar.

Baie lande bied ook begeleide fietstoere, maar as jy op jou eie wil gaan, maak seker jy sien die dinge wat jy graag wil sien en dat jy nie net die maklike paaie volg nie.

Onthou ook om die weer en die tyd van die jaar wat jy beplan om te gaan in ag te neem.

Loer na hierdie webwerwe vir ‘n paar idees:

Adventure Cycling Association (Noord-Amerika)
Planning your own European Bicycle Tour 
Spice Roads (Asië),
Tour d’ Afrique Ltd. (Afrika),
DuVine Adventures (Suid-Amerika)
Cycling Tours Australia & New Zealand

Hoe fiks is jy?

As jy potensieel 70 km ‘n dag wil trap sal jy redelik fiks moet wees. Dit sal wys wees om voor die vakansie ‘n bietjie te ry om die bene en boude gewoond te maak en om ‘n paar kilometer agter die rug te kry.

Hotelle, hostelle of kamp?
Sekere toeroperateurs het spesifieke plekke waar jy na elke dag kan oorbly, maar die kanse is goed dat dinge nie altyd gaan uitwerk soos wat jy beplan nie, veral as jy deur Afrika en Asië ry.

Wat moet jy bring?
Sonder twyfel moet jy ‘n helmet, gepaste klere, ‘n telefoon, paspoort (met visums), water en peuselhappies neem.

Verder sal dit afhang van jou spesifieke omstandighede en waar jy reis.

Kliek hier vir ‘n interaktiewe paklys.

Kry meer inligting by Lonely Planet
 

Lees meer oor: fietsry  |  reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2006
R 209,950.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.