Wenke om die Himalaja te stap
2011-08-29 17:39
Met ‘n bietjie voorbereiding kan amper enigeen die Himalaja aanpak.
Oktober en November is piekseisoen in Nepal, so dit is ‘n wonderlike tyd om na die berge te ontsnap.
As jy dit oorweeg om in die Himalaja te gaan stap is hier ‘n paar wenke wat jy kan oorweeg.
1.Hou die weer dop
Tydens hierdie maande is die dae gewoonlik sonnig met ligte reën soms en temperature is rondom 20°C. Die temperatuur in die aand kan tot -10°C daal, so die beste aanbeveling is om in lae aan te trek.
2. Akklimatiseer
Vat dit rustig – jou liggaam het nodig om gewoond te raak aan die hoogte bo seespieël wat die heeltyd verander.
Drink baie gesuiwerde water en eet koolhidrate om jou energievlakke hoog te hou.
3. Bly in ‘teehuise’
Hierdie basiese ‘hotelle’ verskaf beddens (nie beddegoed nie), toilette en storte. Warm water is sporadies.
Hierdie hotelle is ‘n kardinale bron van inkomste vir die plaaslike mense.
4. Hou jou oë oop!
As jy verby ‘n volgelaaide jak (knorbuffel) of muiltrein loop, staan weg en bly aan die berg se kant sodat jy nie by die rand afgestoot word nie.
5. Gee aandag aan jou portiere
Maak seker dat die span wat julle bagasie dra goed betaal en goed behandel word.
Gee vir hulle ‘n fooitjie aan die einde van die staptog en maak tyd om met hulle te gesels.
6. Kies die regte skoene
Maak seker dat jy jou stapskoene voor die tyd ingestap het en sorg dat jy die regte skoene kies.
Vir kort, maklike staproetes teen laer hoogtes sal ligte skoene wat lug inlaat die gemaklikste wees.
As jy bo die sneeulyn stap is skoene wat klimysters vir die sneeu kan vat noodsaaklik.
– Lees meer by Wanderlust
– Volg Nuus24 op Twitter