Wat om nie by die lughawe te doen nie
2011-06-06 13:31
As jy ‘n vlieg op die muur van enige lughawe was sou jy al boeke kon skryf oor die vreemde voorvalle wat daar plaasvind.
Talle mense se pogings om vreemde voorwerpe in te smokkel of hulself op die vervoerband te vervoer was al onsuksesvol en bloot belaglik, maar nietemin ‘n glimlag werd.
Hier is ‘n paar snaakse voorvalle wat msnbc.com saamgestel het.
Vreemde voorwerpe wat mense op vliegtuie probeer vat
Een passasier het probeer om ‘n gelaaide kragsaag as deel van sy handbagasie op ‘n vliegtuig te neem.
Of hierdie briljant of baie dom is moet jy maar self besluit, maar iemand het ‘n dooie familielid in ‘n rolstoel probeer insmokkel om die kostes te vermy wat verband hou met die vervoer van ‘n lyk.
In 2006 het ‘n 29-jarige man met ‘n item wat soos ‘n handgranaat gevorm was probeer om verby die sekuriteitsbeamptes te kom. Hy het gekies om vir die beamptes te sê dat dit ‘n bom is, eerder as om die waarheid, dat dit deel van ‘n seksuele toestel was, voor sy ma te erken.
Eerder laat as nooit
Wat moet jy doen as jy laat is vir ‘n vlug? Maak ‘n vals bomdreigement, natuurlik!
Dit is wat ‘n Duitse sportverslaggewer gedoen het toe hy laat was vir ‘n vlug wat hy moes vang om ‘n sokkerwedstryd te dek.
Sy plan kon gewerk het as hy nie ingebel het voordat die vertraging aangekondig is nie.
Smokkel-stories
Een vrou het probeer om marijuana deur die metaalverklikkers te smokkel deur dit in aluminium-foelie toe te draai.
‘n Yankee-stadion-sekuriteitswag, wat teruggekeer het van Guyana, het aan doeane-beamptes gesê dat hy ‘n gekookte haas in sy tas het. Dit was eintlik 3 kg kokaïne.
‘n Groep mense het $300 000 (R2 miljoen) se kokaïne van Colombia na Panama in valstande probeer smokkel.
Lees meer bisarre voorvalle by msnbc