Wat baat armes uit township-toerisme?
2011-05-16 14:27
Die konsep van “armoede-toerisme” het in die laat 1800’s in Londen begin toe welgestelde Victoriaanse groepe dit gewaag het om arm woonbuurte soos Whitechapel en Shoreditch binne te gaan.
Die idee het wyer begin versprei na plekke soos New York se Lower East Side, wat in armoede gehul was.
Vandag is armoede-toerisme ‘n groot aantrekking vir reisigers oor die wêreld – van Rio se favelas na Suid-Afrika se townships, Nairobi se Kibera en Moembaai se Dharavi.
Toeriste word ‘n relatiewe lae fooi gevra om te sien hoe die “ander helfte” lewe.
In die geval van Moembaai is dit letterlik die ander helfte, met 55% van die samelewing wat in informele nedersettings woon.
Sowat een miljoen mense woon in Dharavi, Asië se grootste informele nedersetting.
Meeste toeriste beskryf hul begeleide toer deur die 1,7 vierkante kilometer doolhof as lewensveranderend.
Nietemin bly die vraag staan: Is hierdie tipe toerisme regtig ‘n manier om Dharavi se inwoners te help, of is dit net ‘n goedkoop manier vir besoekers om “slum” van hul Indië-lysie af te tik?
Lees meer by CNN