WB-toeriste bespreek hotel in verkeerde land

2011-09-13 11:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ‘n Suid-Afrikaanse paartjie wat Nieu-Seeland vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi besoek kon nie verstaan hoekom die hotel wat hulle in Wellington bespreek het, nie op hul GPS was nie – totdat hulle besef het hulle is sowat 19 000 km van die regte bestemming af.

“Ek het by die regte hotel bespreek, net in die verkeerde land,” het Michael Adendorff Maandag gesê.

Hy het met dié misverstand, ongelukkig sy $NS180 ‘n aand bespreking by die Majestic Hotel in Eastbourne, Engeland, vir verlede Vrydag- en Saterdagaand verloor.

Michael en Sunette Adendorff het Vrydagmiddag in sirkels gery in Eastbourne, Wellington, en gewonder hoekom ‘n straat genaamd Royal Parade nie deur hul GPS-toestel opgetel word nie.

Toe hulle na ‘n lang gesoek by die apteek op Rimu-straat in Eastboune stop vir aanwysings, het ‘n werker, Linda Burke, slegte nuus vir hulle gehad.

“Hulle het net ingestap en vir my gevra waar die Royal Parade is, met die Majestic Hotel, en ek het gesê: O nee, daar is geen hotel hier nie.

“Ek het gekyk en gesê: Dit is in Engeland.

“Hy het op die internet gekyk en gesê hy het nogals gedink dit is snaaks dat hulle hom in ponde laat betaal,” het Burke gesê.

Nietemin was Burke nie van plan om die twee sonder verblyf weg te stuur nie en het hulle vir die aand in haar eie huis laat oorbly.

– Lees meer by die Sydney Morning Herald

– Volg Nuus24 op Twitter

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2006
R 209,950.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.