WB 2010 het toerisme groot hupstoot gegee
2011-03-02 09:29
Kaapstad - Meer as agt miljoen buitelandse toeriste het Suid-Afrika verlede jaar besoek, wat 'n rekord 15% styging in die bedryf is.
Die minister van toerisme, Marthinus van Schalkwyk, sê die toerismebedryf het wêreldwyd met 7% gegroei.
Volgens hom kan Suid-Afrika se goeie vertoning in 'n groot mate toegeskryf word aan die Fifa Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Van Schalkwyk sê die meeste besoekers was in Junie en Julie in die land, wat gewoonlik die tyd is wanneer minder mense Suid-Afrika besoek.
Hy het verder gesê hulle opname het getoon dat meer as 309 000 toeriste Suid-Afrika besoek het met die oog op die Wêreldbeker.
Dit maak sowat vier persent van die aantal besoekers in 2010 uit.
- RSG