Vrou vas oor vuurwapen op vliegtuig
2012-01-19 13:01
Fort Worth, Texas – 'n Vrou is op die Dallas Fort Worth-lughawe in Texas in hegtenis geneem nadat sy 'n vuurwapen op 'n American Airlines-vliegtuig geneem het, het owerhede gesê.
'n Woordvoerder van die lugdiens het Woensdag gesê die vliegtuig was onderweg na die aanloopbaan toe hy terugdraai en deur die polisie by die hek begroet is.
Skandeerders het die vuurwapen in die vrou se handbagasie opgemerk, maar sy het die punt verlaat voor sy die vuurwapen aan owerhede oorhandig het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA