Voëlkykers ruk saam op na Addo

2010-09-01 08:49
Tweets Share Share line Print

Voëlkykers skud al hul vere reg vir die jaarlikse groot voëlkyk-naweek wat in Oktober deur die ereveldwagters van die Addo Nasionale Olifantpark aangebied word, skryf Mariska Spoormaker.

Voëlkykers van Johannesburg, Kaapstad en Port Elizabeth sal van 15 tot 17 Oktober vanjaar die Addo vir die nasionale voëlkyknaweek besoek.

“Vir hulle is dit die groot geleentheid om net daardie een ontwykende voël op te spoor – verlede jaar het ons byvoorbeeld vir die eerste keer die slangverklikker gesien,” vertel Nicky Bosman, ereveldwagter wat al van 2007 die ­Addo-voëlkyknaweke meemaak.

“Ek is glad nie ’n professionele voëlkyker nie, maar ek het darem ’n voëlboek,” merk sy laggend op en noem dan ook dat enige beginner- of stokperdjie-voëlkyker seker die meeste by die Addo-naweke sal baat vind.

“Die professionele voëlkykers deel graag hul kennis. ’n Mens leer nie net baie nie, maar hul passie kom sit ook êrens onder jou vel.



“En enigiemand, leek of professioneel, is welkom om hierdie naweek mee te maak.”

Sy vertel hoe hulle in 2007 – die jaar toe daar met die spesiale naweke begin is – nagenoeg 220 soorte voëls kon identifiseer.

“Maar ons was oral. In die Addo-veld, by die Darlington-dam, Colchester, die Sondagsriviermonding en Alexandrië.”

Die Addopark is uitsonderlik in die opsig dat die Bird- en St. Croix-eilande in Algoabaai en die wonderlike duinewêreld in Woody ­Cape tussen die Sondagsriviermonding en Alexandrië ook deel van die park is.

“Elke jaar verander ons die voëlkykroetes ter wille van afwisseling én ons bied verskillende roetes deur verskillende biome op ons voëlkyknaweke aan.”

Met die komende voëlkyknaweek is die splinternuwe Kabuga-roete aan die Kirkwood-kant van die park ingestel.

Dit loop deur die veld en, belowe Bosman, dit is ’n veilige roete omdat daar geen gevaarlike diere daar voorkom nie.

Hier kan ’n mens verwag om onder meer al die bosveldvoëls, die naguil, rooibandsuikerbekkie en selfs die witkruisarend te sien.

Die tweede roete is ’n vier uur lange bootrit al met die Sondagsrivier op, daar waar ’n mens die migrerende voëls soos die swaeltjie se “woonstelle” in die klei-oewers van die rivier kan sien.

Kyk hier maar uit vir onder meer die byvreter en die visvanger en die slanghalsvoël.

Bosman wys daarop dat die Addo-voëlkyknaweek juis in Oktober aangebied word sodat die terugkerende migrerende voëls ook gesien kan word.

Die derde roete lei deur Algoabaai na St. Croix-eiland om soveel as moontlik seevoëls (waaronder die knopstertroofmeeu, stormswael, geelbekpylstormvoël en die geliefde pikkewyn) te kan sien.
 

- Die Burger

Lees meer oor: reis

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

AUDI

A4 2.0 MY05
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.