Voëlkyk in Kwazulu-Natal

2010-05-04 10:32
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ek is saam met ’n groep voël­liefhebbers op ’n vyfdag-uitstappie op die Suidelike KZN-voëlkykroete. Dis nie ’n roete met ’n begin en einde nie, eerder ’n klomp voëlkyk­plekke waaruit jy vir jou ’n lekker vakansie kan aanmekaar slaan.

Party van hierdie plekke is net ’n voëlkykskuiling, ander ’n paadjie wat jy kan stap, terwyl party sommer net ’n plek langs die pad is waar jy dalk daardie skaars voëlsoort kan sien waarna jy nou al vyf jaar soek.

Soms is jy op ’n grasvlakte of op ’n plato, in ’n miswoud of selfs hoog bo in die Drakensberg.
Ek voel effens uit my plek, want ek weet net mooi niks van voëlkyk af nie. Die toerleier, Malcolm Gemmell, voorheen ’n boer van Creighton, stel my egter gou gerus. “Jy sal gou regkom. Dié deel van die wêreld is een van die beste plekke om te leer. Hier’s groot voëls, klein voëls, skaars voëls...”

Voëlkyk 101

Die Middelland
By die Beacon Vlei gasteplaas is daar twee verblyfopsies: The Manor House (B&B) en The Boat House (selfsorg). Daar is staproetes rondom die dam, waar jy ook kan vlieghengel of in ’n kano roei. Ongelukkig word dagbesoekers nie toegelaat nie. Oor naweke moet gaste vir minstens twee nagte oorbly.
Koste: The Manor House kos tussen R250 en R310 per volwassene en vir kinders is daar spesiale tariewe. In The Boat House kan vyf mense oorbly; dit kos tussen R590 en R900 per nag, afhangende van die aantal mense.
Kontak: 033 234 4486; www.beaconvlei.co.za

Marutswawoud
Hoe kom ek daar? As jy Bulwer met die R617 van Pietermaritzburg se kant af nader, volg net die padbordjies na die Marutswawoud.
Watter voëls kan ek sien? Die grootpapegaai, oranjelyster, rooibek­tiptol, bosloerie en groenkolpensie.
Koste: R20 vir volwassenes en R5 vir tieners en pensioentrekkers. Gooi asseblief iets in die hoflikheidsboksie as jy na-ure hier aankom. Simphiwe is ’n puik gids – dis ’n ekstra R20 p.p.
Kontak: John Brown (bestuurder) 072 372 1500; Simphiwe Dumakude (hoofgids) 073 543 8545.

Die Suidelike Middelland
Die beste voëlkykplekke in die suidelike Middelland is op plase. Jy kan dit net besoek met  ’n gids (soos Malcolm) wat boere se toestemming het.
Watter voëls kan ek sien? Swartrugkwarteltjie, mahem, veldpou en die bedreigde blou­swael, wat in leë erdvarkgate nesmaak. Hier is ook ’n paar broeiplekke van die suidelike kalkoenibis in die kloof van die Mzimkulurivier.
Koste: R150 per uur
Kontak: Button Birding 039 833 1029 www.buttonbirding.com 

Kliek hier vir die res van hierdie roete.

Lees meer oor: reis

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2400 SWB Dsl MY02
2002
R 89,995.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2006
R 209,950.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.