Vliegtuig draai om weens gekraakte voorruit
2010-11-17 18:34
Johannesburg – 'n 1time-vlug vanaf Johannesburg na Durban moes Woensdagoggend weens 'n gekraakte voorruit omdraai.
Dit is die tweede keer in minder as 'n maand wat 'n 1time-vlug om veiligheidsredes gekanselleer is. 'n Paar weke gelede moes passasiers 'n vliegtuig ontruim nadat die enjin begin brand het.
Die lugdiens het gesê dit lyk asof 'n vreemde voorwerp die kraak veroorsaak het en dat dit reggemaak is.
Rodney James, uitvoerende hoof van 1time, het gesê alternatiewe reëlings is vir passasiers getref.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter