Vlieërfees vir die hele gesin
2011-10-21 11:09
Kaapstad – Talle vlieër-liefhebbers hoop die windjie tel die naweek bietjie op vir die 16de Kaapstad Internasionale Vlieërfees wat op 22 en 23 Oktober in Muizenberg gehou gaan word.
Dit is Afrika se grootse vlieërfees en lok meer as 20 000 besoekers, insluitende van die grootse name in vlieërvlieg in Suid-Afrika en die wêreld, wat spesiaal invlieg om hul kreatief ontwerpte skeppings te kom afwys.
Dit is die ideale daguitstappie vir die familie, met helderkleurige vlieërs wat die lug versier, pretritte vir die kinders, hope vermaak, kos en ‘n kunsmark vir ma.
Die fees vind daagliks van 10:00 – 18:00 plaas op die grasperke om Zandvlei in Muizenberg.
Daar is baie parkering en maklike toegang per trein.
Toegang is R15 vir volwassenes en R5 vir kinders.
– SA Venues
– Volg Nuus24 op Twitter