Vlieëniers ‘weet nie meer hoe om te vlieg nie’

2011-10-20 08:57
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ’n Toenemende aantal vlieëniers “weet nie meer hoe om te vlieg nie” en baie is “verslaaf” aan outomatisasie.

Genl. Des Barker (afg.), bevoegdheid-areabestuurder by die Wetenskaplike Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR), het gister tydens ’n veiligheidseminaar van die Burgerlugvaartowerheid (BLO) in Boksburg gesê vlieëniers maak al hoe meer staat op tegnologie.

“Mense is die swakste skakel in die lugvaartbedryf, maar vlieëniers vlieg self minder en minder en weet soms nie wat om te doen wanneer hulle in ’n noodsituasie is nie.”

Hy het verwys na ’n transkripsie van die gesprek tussen die twee vlieëniers van Air France vlug 447 wat in Junie 2009 tydens ’n vlug van Rio de Janeiro na Parys, Frank­ryk, in die Atlantiese Oseaan neergestort het.

Die 228 mense aan boord is almal in die ongeluk dood.

Volgens Barker kon die vlieëniers nie ’n enjinstaking korrigeer nadat die outomatiese vliegstelsel buite werking geraak het nie.

“Gevorderde tegnologie beteken meer vlieëniers maak gebruik van die outomatiese vliegstelsel in plaas daarvan om van die handleiding gebruik te maak.”

Barker het gesê outomatisering het lugvaart veiliger gemaak, maar dit is belangrik dat vlieëniers weet hoe om op te tree wanneer tegnologie buite werking raak.

Hy het gesê daar word beweer in die VSA “vlieg” sommige vlieëniers so min as drie minute per vlug.

“Hul fyn motoriese vaardighede verswak, want hulle gee die stuur van die vliegtuig oor aan die outomatiese vliegstelsel.

“Hulle verloor bewustheid van hul posisie.”

Barker het kapt. Chesley Sullenberger, ’n vlieënier van US Airways, aangehaal wat gesê het die lugvaartbedryf kan nie bekostig dat vlieëniers sowel as tegnologie gelyktydig onklaar raak nie.

Barker het gesê ’n verdere uitdaging vir lugvaart in Suid-Afrika is die vinnige vordering van tegnologie.

Obert Chakarisa, hoofbestuurder van vliegtuigveiligheid van die BLO, het gesê Suid-Afrika gaan binne die volgende tien jaar ’n ernstige tekort aan ingenieurspesialiste hê as daar nie nou opgetree word nie. “Verskillende soorte ingenieurs gaan benodig word in pas met die nuutste ontwikkelinge in lugvaart.”

Hy het gesê statistieke moet bestudeer en gebruik word om lugrampe te voorkom.

Volgens die BLO se statistieke was daar tot dusver vanjaar 85 vliegtuigongelukke en is 34 mense dood.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: tegnologie  |  vlieëniers  |  vlieg

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.