Vlieënier vertraag vlug vir man
2011-01-14 15:52
VSA - ‘n Man van Arizona het ‘n vlieënier van Southwest Airlines vir sy optrede geprys nadat laasgenoemde die vlug vir hom vertraag het sodat die man by sy sterwende kleinseun kon uitkom, het ABC News berig
Mark Dickinson was in Los Angeles vir besigheid toe hy die nuus ontvang het dat sy tweejarige kleinseun , Caden Rodgers, breindood in ‘n hospitaal in Denver was en dat die masjiene wat hom aan die lewe gehou het binnekort afgeskakel sou word.
Met Dickinson se aankoms by die Los Angeles-lughawe was daar ‘n lang, stadig bewegende sekuriteitsry.
Werkers van die lughawe wou nie sy storie oor Caden glo nie en het geweier dat hy na die voorpunt van die tou beweeg.
Hy het sy vrou Nancy, wat by die huis in Palominas, Ariz, was gekontak en sy het die Southwest Airlines kliëntedienste gebel om Mark se situasie te verduidelik.
Teen die tyd wat Dickinson deur die sekuriteitspunt beweeg het, het sy vertrektyd reeds verstrek en hy was daarvan oortuig dat hy sy konneksievlug in Tucson sou mis.
Ná ‘n gehardloop na die hek was Dickinson verbaas toe hy daar aankom en die vliegtuig was steeds daar.
“Is jy Mark?” het die vlieënier gevra.
Nadat hy “ja” geantwoord het, het die vlieënier gesê: “Wel ons hou die vlug terug vir jou.”
Lees die volle storie hier
Volg Nuus24 op Twitter