Virgin tweet jou vlugbesonderhede
2011-11-18 11:57
Kaapstad – Reisigers wat graag van tegnologie gebruik maak kan nou met Twitter se nuwe ‘tweet bot’-diens, wat deur Virgin Atlantic bekendgestel is, meer besonderhede oor hul vlug kry.
Die ‘tweet bot’ – @VAAInfo – neem ‘n passasier se vraag rakende ‘n vlug en stuur binne sekondes die presiese vertrek- of landingstye terug.
Virgin Atlantic is die eerste lugredery om so ‘n diens beskikbaar te stel en dit is die ideale manier vir passasiers om presiese inligting binne sekondes te bekom.
“Ons het nou oor die 50 000 Twitter-gebruikers wêreldwyd en ons weet dat baie van hulle sosiale media gebruik om op hoogte te bly met reisnuus en enige veranderinge,” het Fergus Boyd, die hoof van e-bemarking, gesê.
“Ons vind dat baie reisigers dit bloot gebruik om te bevestig wanneer hul vlug vertrek en ander gebruik dit weer om vlugbesonderhede te kry vir wanneer hulle vriende en familie by die lughawe moet oplaai.”
– Besoek iafrica om meer te lees.
– Volg Nuus24 op Twitter