Video's om jou in die bui te kry vir Braaidag
2011-09-14 12:20
Braaidag, ook genoem Erfenisdag, word op Saterdag 24 September gevier en daar bestaan geen twyfel dat die meeste Suid-Afrikaners hulle tot ’n vuurtjie en ’n hopie hout gaan wend nie.
Met die winter wat uiteindelik begin aanstaltes maak, is daar dalk mense wat die kuns van braai effens verleer het.
Hierdie vyf videos behoort jou sommer in ’n japtrap voor te berei vir een van ons land se lekkerste tradisies.
1. Volkslied vir Nasionale Braaidag
Sing en braai heerlik saam met Die Heuwels Fantasties, JR, HHP en die Soweto Gospel Choir. Hierdie braai-volkslied behoort jou vinnig-vinnig in die bui vir ’n braai’tjie te kry.
2. Jan Braai speel nie met ’n braaitang nie
Braaidag gaan, aldus Jan Braai, ons land se eie braaikampioen, daaroor om ’n gemeenskaplike nasionale vieringsdag te skep. Wie sal nou beter weet as die man wat volgens die Guiness-wêreldrekord die langste braai in die wêreld gehou het?
3. Braaidag is trots Suid-Afrikaans, boeta!
Ter voorbereiding van Braaidag, het die komedieduo 'Derick Watts and the Sunday Blues' ’n musiekvideo opgelaai wat elke Suid-Afrikaner wat oorsee woon na 'n snesie laat gryp.
4. Ons gaan nóú braai
Barry Hilton vertel waarom ’n mens mooi moet dink voor jy ja sê as ’n boer jou oornooi vir ’n braai.
5. Dis ’n man se besigheid dié
Gee vir Buurman hierdie riglyne voordat hy weer vir jóú kritiseer oor jou braaivernuf.
– Kliek hier om na die video’s te kyk.
– DriveSouthAfrica.co.za