Victoria-waterval se status in die gedrang

2010-03-04 20:09
Tweets Share Share line Print

Harare -  Die Victoria-waterval loop die gevaar om amptelik sy plek onder die wêreld se sewe grootste natuurwonders te verloor.

Indien Zimbabwe en Zambië nie teen Maandag volledig verslag aan Unesco doen oor omstandighede by die waterval nie, kan dié gesogte toeristebestemming se wêrelderfenis-status afgegradeer word.

Die verslag is reeds agt jaar lank agterstallig.


’n Senior amptenaar in die Zimbabwiese ministerie van toerisme het gesê die twee regerings is in ’n “malle jaagtog” om die verslag betyds af te handel.

“Albei lande se tegniese spanne werk oortyd en ons hoop om dit binne twee weke te voltooi.

 Dis egter baie duidelik dat nóg Zimbabwe nóg Zambië die nodige erns aan die dag gelê het ondanks herhaalde versoeke deur Unesco.”

Die amptenaar, wat nie sy naam genoem wil hê nie “weens die burokratiese sensitiwiteit van die aangeleentheid”, het gesê daar is “paniek” in die Zimbabwiese regering.


“Die haas waarmee die verslag nou aangepak word, laat die gevaar ontstaan dat die produk (die waterval) en ’n hele klomp ander dingein die gedrang kom,.”

Unesco het die afgelope agt jaar groot bedrae geld aan die Zimbabwiese en Zambiese regerings gegee en tegniese hulp aangebied om die verslag te voltooi.

“Jy kan jou net indink wat die skade aan Zimbabwe sal wees as hierdie magtige waterval sy status, met die Wêreldbeker-sokkertoernooi net om die draai, moet verloor.

Die impak sal onmeetbaar wees,” het hy gesê.

Die verlangde verslag moet vraagstukke takel soos die bedreigings teen die natuurlike skoonheid van die gebied weens ontwikkeling aan weerskante van die grens.


Privaat toerisme-ondernemings aan beide kante van die grens is baie bekommerd oor die manier waarop die twee regerings die verslag sonder hul insette aframmel.

Unesco se besorgdheid sluit in:

) Planne om hotelle teenaan die waterval te bou.

) Rioolbesmetting van die Zambezi, een van Afrika se standhoudendste riviere.
) Die onbeheerde toename van die hiasinteplaag, veral aan die Zimbabwiese kant van die rivier.

) Die onbeheerde toename van lugverkeer deur helikopters en mikroligte vliegtuie oor die waterval en die omliggende gebied, wat wilde diere uit hul natuurlike habitat

- Die Burger

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.