Vermy só 'n Delhi-magie
2011-04-07 16:02
Geurige Indiese kerrie-disse is een van die hoogtepunte van ‘n vakansie na dié opwindende en kultureel ryke land.
In die strate is daar kos by stalletjies beskikbaar, met sterk kerriereuke wat jou om elke hoek en draai betower.
Nietemin, almal het al gehoor van ‘n Delhi-magie en elk reisiger sal dit ten alle koste wil vermy.
Hier is ‘n paar wenke om ‘n omgekrapte ingewande in Indië te vermy.
1. Gee jouself ‘n paar dae om aan die plaaslike kos gewoond te raak, veral as jy nie gewoond is aan brandkos nie.
2. Ken die reël: Volg die massas. As die plaaslike inwoners ‘n sekere stalletjie vermy, moet jy ook. Kyk ook na die tipe mense by ‘n stalletjie - enige plek wat gewild is onder families behoort ‘n veilige opsie te wees.
3. Kyk hoe en waar die persoon wat die kos verkoop die toerusting skoonmaak en hoe en waar die kos bedek word.
As die verkoper die kos in olie maak, loer of dit skoon is.
Vuil potte en werkoppervlaktes en te veel vlieë is ‘n goeie aanduiding dat jy jou uit die voete moet maak.
4. Vermy dit eerder om vleis op straat te koop, behalwe as die plek ‘n goeie reputasie het en besig is.
Kry meer wenke by Lonely Planet