Vensterwassers lok toeriste na katedraal
2011-09-01 16:57
York, Engeland – Helen Brower is ‘n vensterwasser, maar mense betaal £5 (R57) ‘n uur om te kyk hoe sy werk.
Brower is een van sowat ses glaswerkers wat gehuur is om opknappingswerk aan die wêreld se grootste versameling Middeleeuse brandskilderglas-vensters te doen.
Hierdie reuse-vensters versier York Minster, een van Europa se grootste katedrale en moet elke 125 jaar skoongemaak word.
Meer as 43 km se steierwerk is opgerig om die wêreld se grootste brandskilderglas-venster te verwyder.
Die kunstenaar John Thornton is £56 betaal om die venster, wat so groot soos ‘n tennisbaan is, te maak. Dit was 650 jaar gelede in 1361.
Dit sal vandag £19 miljoen kos net om dit skoon te maak en op te knap.
Op Woensdae en Vrydae middae word toere, met ‘n maksimum van 10 mense, in die katedraal ingeneem om te kyk hoe die glaswerkers op die panele werk.
– The Star.com
– Volg Nuus24 op Twitter