Venesië sink op meer as een manier
2011-06-09 16:20
Dit word gesien as een van die wonders van die wêreld en lok jaarliks miljoene toeriste, maar Venesië staar aanhoudende probleme in die gesig, wat dreig om die stad te laat ondergaan.
Die stad se vloedkwessie is alom bekend. Water stroom elke jaar deur die bekende strate, saai amok in historiese geboue en rig soms groot skade aan waardevolle kuns aan.
Venesië staar nog ‘n probleem in die gesig: die stad se populasie is besig om te krimp, terwyl hulle sukkel om by te hou met die massas toeriste wat die stad binnevaar.
Foto’s wat glo die “regte” Venesië voorstel – in teenstelling met die gewilde, toeriste-vriendelike prente op poskaarte wat blyk of dit gevries is in tyd – word tans in die stad uitgestal.
Kliek hier om meer by CNN te lees en na ‘n paar foto’s te kyk.