Velvet Sky vlieg nou in Limpopo
2011-09-09 09:07
Nuwe vlugroetes is in Limpopo ingestel met die laekoste-lugredery Velvet Sky wat sy dienste hierheen uitgebrei het, het RSG berig.
Thulani Zulu, bestuurshoof van die Gateway Lughawensowerheid het die lugdiens by die Polokwane- internasionale lughawe bekend gestel.
Hy meen dat die provinsie sal baat vind by die nuwe lugdiens, aangesien slegs een lugdiens tot dusver tussen Polokwane en Johannesburg gevlieg het.
Die mededinging sal gevolglik ook tot beter pryse en dienslewering lei, het Zulu gesê.
Verder sal die provinsie baat vind by werkverskaffing en toerisme en inwoners van Limpopo kan nou meer bekostigbaar vlieg.
– Volg Nuus24 op Twitter