Vars mark in Johannesburg
2011-04-08 12:48
As jy die naweek in Johannesburg is, is Market on Main die ideale plek om kos en kuns te gaan geniet.
Markte is deesdae die in-plek om saam met vriende en familie bymekaar te kom en is die ideale plek vir mense om inkopies te doen, lekker te eet en net uit te hang.
Die mark mik om ‘n saamkom-plek te word vir koskenners, ambisieuse kos-entrepreneurs en kosliefhebbers, terwyl dit terselfdertyd plaaslike ekonomiese ontwikkeling bemark.
Verder is Market on Main organies, groen en volhoubaar en stel die beste wat Gauteng en die omliggende omgewing het om te bied ten toon.
Wanneer: Sondag 10 April
Waar: Arts in Main, 264 Fox-straat
Webwerf: www.artsonmain.co.za
Telefoon: 087 830 0440
E-pos: mabonengprecinct@gmail.com
Kry hier meer inligting.