Underberg maak gereed vir Splashy Fen
2011-04-11 15:38
Duisende mense sien reeds uit om op te ruk na die plaas in Underberg, KwaZulu-Natal, waar dit weer tyd is vir die land se oudste jaarlikse musiekfees.
Splashy Fen is in 1990 begin en hierdie vyf-dag-fees lok elke Paasfees duisende besoekers van reg oor die land.
Hierdie jaar sal die 22ste keer wees wat die fees aangebied word en strek van 21 – 25 April.
Feesgangers kan uitsien na sowat 80 van die land se gewildste kunstenaars en musiekgroepe, met top-kwaliteit beligting en klank.
Die fees bied pret vir die hele gesin, met buitelugaktiwiteite, kuns en ‘n wye verskeidenheid van kos- en drank-stalletjies.
Vir meer inligting en die jongste feesnuus, besoek Splashy Fen se webwerf.