Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Twee gedenkvaarte na Titanic se watergraf

2012-04-12 09:00
Tweets Share Share line Print

New York – Twee passasierskepe aan teenoorgestelde kante van die Atlantiese Oseaan is onderweg op ’n reis na die plek waar die Titanic 100 jaar gelede gesink het.

In die New Yorkse hawe het die passasierskip Azamara Journey Dinsdagaand met die vaart begin. Aan die ander kant van die oseaan het die MS Balmoral, bestuur deur Fred Olsen Cruise ­Lines, sy herdenkingsvaart Sondag uit Engeland begin.

Albei skepe was stampvol liefhebbers van die geskiedenis, talle geklee in kleredrag uit die era, insluitend ’n seuntjie met ’n vals wit baard wat geklee was soos die kaptein van die gedoemde skip 100 jaar gelede.

In April 1912 het die Titanic uit Southampton in Engeland na New York vertrek. Die vaartuig het ’n ysberg in die noordelike Atlantiese Oseaan getref en gesink. Meer as 1500 passasiers en bemanningslede het omgekom.

Die Azamara Journey, bestuur deur Azamara Club Cruises, het 440 passasiers aan boord en is onderweg na Halifax, in die Kanadese provinsie Nova Scotia, waar meer as 100 slagoffers van die Titanic begrawe is.

Daarna sal dit na die plek in die Atlantiese Oseaan vaar waar die Titanic gesink het vir ’n herdenkingsdiens. Onderweg daarheen sal passasiers luister na praatjies oor die lewe aan boord van die Titanic en ’n kostuumtema-aandete bywoon.

Kaartjiepryse vir dié vaart het in die afgelope weke afgeneem van byna $5000 (sowat R39 700) tot $1000 (R7 900) per persoon.

Aan die ander kant van die oseaan was die MS Balmoral op pad met 1 309 passasiers, insluitend familielede van sommige van die slagoffers van die tragedie. Die skip moes Maandag ’n wyle aandoen by die Ierse dorp Cobh weens ’n mediese noodgeval aan boord voordat die vaart na New York hervat is.

Minstens een mens aan boord van die Azamara Journey het ’n baie persoonlike verbintenis aan die tragedie van 100 jaar gelede.

Sharon Lee Willing van Tucson, in die deelstaat Arizona, het ’n kaartjie gekoop om haar oupagrootjie, Herbert Chaffee, te huldig. Chaffee was ’n plaasmagnaat van Noord-Dakota wat in die ramp omgekom het. Volgens die familie se kennis was Chaffee en sy vrou in Europa op hul tweede wittebrood.

“Ek weet dit gaan net soos water lyk daar, maar om te dink aan daardie groot skip wat daar gesink het,” het Willing gesê. “Dit gaan nogals moeilik wees, dink ek.”

Willing se oumagrootjie, Carrie Chaffee, is op die laaste reddingsboot geplaas wat dit veilig van die skip af gemaak het. 

– Die Burger.

- Sapa - AP

Lees meer oor: titanic
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Pretoria - 06:35 AM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive Southbound
    SLOW TRAFFIC approaching the N4 Highway Interchange
  • Thursday Pretoria - 06:28 AM
    Road name: Paul Kruger Street / Mansfield Avenue Southbound
    SLOW TRAFFIC between Pretoria North and Mayville
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.