Tunisië: Trek maar jou bikini aan
2011-10-28 16:59
Tunisië – Die Islamitiese Ennahda Party het Tunisië se eerste vrye verkiesing gewen en het bekendgemaak dat hy nie beperkings sal plaas op hoe buitelandse toeriste op strande moet aantrek nie, het die staatsmedia gesê.
Islamitiese bankreëls sal ook nie ingestel word nie.
“Die toerismesektor is een van die sektore waaraan ons nie kan raak nie. Is dit logies om ‘n strategiese sektor soos toerisme te bedreig deur te weier dat toeriste wyn drink of swembroeke dra?,” het die amptelike TAP-nuusagentskap vir Ennahda se sekretaris-generaal, Hamadi Jbeli, aangehaal.
“Dit is persoonlike vryhede vir Tunisiërs en besoekers.”
“Ons sal nie Islamitiese banke universeel lmaak nie. Ons gaan nie die bankstelsel wat bestaan vernietig nie,” het hy gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters