TripIt beste reisprogram
2011-05-04 15:03
San Francisco – TripIt is Woensdag by die Webby-toekennings benoem as die beste reis-selfoon-program van die jaar.
As die voorste selfoon reisorganiseerder deur Concur, organiseer TripIt alle reisplanne op een plek en stel jou reisplanne dus beskikbaar op gewilde toestelle soos die iPhone, iPad, Android, BlackBerry en op die internet.
Volgens die New York Times is die Webby-toekennings die grootste internasionale erkenning wat toegeken word aan vooruitstrewendheid op die internet.
Meer oor TripIt
TripIt maak reisigers se lewens makliker deur reisplanne op een plek te stoor.
Om te begin, e-pos bevestiging-e-posse na plans@tripit.com en TripIt doen die res; vervoer, akkommodasie, etes en vermaak word in ‘n enkele reisplan saamgevoeg wat beskikbaar is op slimfone en die internet.
Die beste van alles – dit is gratis.
Besoek TripIt se webwerf hier vir meer inligting.