TripAdvisor is 'misleidend'
2012-02-02 12:10
Kaapstad – Brittanje se gesagsowerheid vir reklamestandaarde het die wêreld se grootste reiswebtuiste, TripAdvisor, berispe oor sy “misleidende” inligting.
Die gesagsowerheid het TripAdvisor gewaarsku dat die webtuiste nie moet beweer dat al sy gebruikers se resensies van regte reisigers is nie, het The Sydney Morning Herald berig.
Die webtuiste bevat stellings soos “meer as 50 miljoen eerlike reis-resensies en opinies van regte reisigers van oor die wêreld” en “resensies wat jy kan vertrou,” het die gesagsowerheid vir reklamestandaarde gesê.
Die waghond het klagtes gehandhaaf dat die maatskappy – wat beweer dat hy die wêreld se grootste reiswebtuiste is – nie kon waarborg dat die resensies almal eg is nie.
Die owerheid sê bewerings dat alle resensies op die webblad van regte reisigers is, is “misleidend”.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter