Trap deur berge laat mens hyg

2011-08-23 09:54
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die sweet het in strome van my afgetap terwyl ek Thomas Bain verwens het vir die vreeslike bergpas wat hy tussen Oudtshoorn en die Groot-Karoo ontwerp het.

Dis winter, en toe ek onder in Prins Albert weggetrap het, het die kwik hier by 0 °C rond gedraai, maar nou voel dit soos ’n sauna binne-in my tegniese klere.

By Droë Waterval verby trek ek gou my Capestorm-windjekker uit en pak die laaste paar kilometer se steiltes tot bo-op Teeberg.

Die piekniektafeltjie daar lyk aanloklik, maar Die Hel lê nog ver, goed 40 kmweg, en dit beteken ten minste nog drie uur in die fiets se saal vir my.

Die pad is lank en swaar van hier af tot onder in Gamkaskloof.

Die padteken wat in groot rooi letters skree: “Gevaarlike Pad vir 48 km” gee ’n mens nou nie juis meer selfvertroue nie.

En dis juis die ding wat ook die meeste Hel-ryers se moed knak – ’n mens dink dis afdraand van hier af, maar watwou.

Doer ver teen die hardekwas hange wag Heartbreak Hill vir jou, en as dit nie ’n dynserige dag is nie, sal jy die es-draaie soos ’n moerige koperkapel teen Elandspad uit sien sweepslag.

Net ’n vinnige woordjie van waarskuwing: Moenie te lank na daai stukkie pad kyk nie.

Klits liewer die pedale al met die rowwe rotspad langs terwyl jy al hoe dieper die valleie in kwieng-kwang.

Loer links en regs (moet net nie jou konsentrasie verloor nie) en laat die wuif van die fynbos en die oranje kranse en blou van onse hemel oor jou gemoed spoel.

Ná ’n uur of wat span ek uit in die wind-skadu van ’n yslike klip wat eeue gelede van die pieke tot hier teen die pad gestoomroller het.

Daar’s nartjies en droëwors en gemmerkoekies en neute op die spyskaart: Dit smaak lekkerder as enige energiestafie, en doen net soveel goed.

Voor my wag die kronkelende grondpad vir goed 15 tot 20 km se witkneukel-afdraand, en dis hier waar ek toe die Tiguan skraap.

Een ding raak baie duidelik oor die volgende uur: ’n Gehalte-dubbel-skokbreker-fiets gaan jou vinniger tot in Die Hel kry as ’n klein 4x4-Volkswagen.

Dié guitigheid hou goed met die afdraande en platpad langs, maar jy weet Heartbreak Hill wag daar voor vir jou.

Op die derde draai gee ek bes en laat die Tiguan maar gaan, en word weer vriende met daai klein ouma-ratjie.

Dis ’n genadelose klim, met so vier of vyf vals draaie waar jy kan sweer jy’s bo voordat jy besef die pad swenk nóg verder na bo.

Gelukkig het Karyn teen dié tyd al bygekom in die Santa Fe, en so 2 km voor die bopunt wag sy my met ’n stomende beker koffie en ’n vet stuk vrugtekoek in.

Dis mos al waarvoor ’n man kan vra, en met my energie-vlakke nou weer vuur en vlam pak ek die laaste klim tot bo-op die kruin.

Die Swartberge kring uit so ver as wat ’n mens kan sien, met die digbegroeide Gamkaskloof (oftewel Die Hel) wat so reguit soos ’n roer in die vallei aan my voete lê.

Aan my linkerkant streep ’n tuimelende waterval teen die regaf kranse langs.

Ver bo teen die blou sweef ’n witkruisarend op luilekker lugstrome.

Een ding is nou maar wors: As daar engele in die warm plek was, is ek oortuig hulle sou my nou met ’n lied verwelkom het.

Maar nou ja, daar is helaas nie ’n koor nie, maar daar is verseker een beskermengel wat ’n ogie oor my hou terwyl ek die laaste 4 km teen Elandspad af tot in Die Hel gatswaai.

– Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: fietsry  |  reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.