Top-tien roetes vir fietsryers
2010-09-23 11:00
Kaapstad – Daar is nie ‘n beter manier om ‘n plek te leer ken as om op ‘n fiets te spring en die bestemming te verken nie.
Hier is tien roetes wat, volgens Lonely Planet, ‘n fietsryer se droom sal wees:
1. Isle of Wight, Engeland
Die kontraste wat Isle of Wight bied is glo ‘n paradys vir fietsryers.
2. Weskus, Tasmanië, Australië
Die natuur van Tasmanië se weskus is wild en spog onder andere met die bekende Cradle-berg, ‘n hoë waterval en die oulike kusdorpie Strahan.
3. Die Luberon en Mont Ventoux, Provence, Frankryk
Dié beeldskone area pronk met wynlande, antieke dorpies en laventelvelde. En Mont Ventoux is natuurlik waar al die drama tydens die Tour de France plaasvind.
4. San Juan-eilande, Washington, VSA
Die eilande bied boomryk kuslyne, grotte en paadjies wat stil is.
5. County Clare, Ierland
County Clare spog met die uiterstes van goue strande en dramatiese heuwels van Moher. Die dorpe Milltown Malbay en Doolin is bekend vir hul kroegies waar musiek die voorrang kry.
Kliek hier vir die volledige lys.
Volg Nuus24 op Twitter.