Toptien belaglike klagtes
2010-09-17 00:43
Kaapstad – Ons is gewoonlik so opgewonde om op vakansie te gaan dat ons somtyds onrealistiese verwagtinge koester van hoe perfek dit gaan wees.
Soms speel die weer nie saam nie of die geskenkwinkel het nie die spesifieke sjokolade waarna ons soek nie. Maar soms is sommige reisigers net nooit tevrede nie.
Toptien mees belaglike klagtes
Nadat ‘n vrou by die hotel ingeboek het, keer sy terug na ontvangs met die brosjure in haar hand en sê die bedsprei op haar bed stem nie ooreen met die een in die brosjure nie.
‘n Man het op ‘n keer gekla dat niemand het hom ingelig dat daar visse in die see is nie en dat sy kinders verskriklik bang was.

‘n Afrika-safari is gewoonlik ‘n wonderlike ervaring, maar nie vir dié wittebroodpaartjie nie. Die man het gekla dat die kamer waarin hulle tuisgaan kyk uit oor ‘n watergat en dat olifante gesien kan word, en dit het sy wittebrood bederf.
Vir sommige mense is dit verskriklik onregverdig dat hulle ver moet reis. ‘n Paartjie het ‘n formele klag gelê en gesê dit is onaanvaarbaar dat dit hulle nege ure geneem het om vanaf Jamaika na Engeland te reis terwyl dit vir die Amerikaners net drie ure geneem het om hul bestemming te bereik.

- Vir die volledige storie besoek GoTravel24.
- Volg Nuus24 op Twitter.