Toffie-fees eersdaags in Kaapstad
2011-09-02 12:04
Kaapstad – Kaapstad sal dié naweek gasheer speel vir die heel eerste Toffie-voedselfees, het Elle Decoration berig.
Dié fees is ‘n tweedaagse voedselfees en -konferensie. Daar sal kosproegeleenthede, partytjies, werkswinkels, kosuitstallings, ‘n resepteboek-winkel, voedselmark en ‘n Sondag-braai wees.
Van die sprekers sluit in:
* Tung-Yuan Lin, ‘n “koffie-sjef”,
* Julie Powell, ‘n wêreldbekende voedselblogger,
* Eloise Alemany, ‘n Argentynse kookboek-uitgewer, en
* Renata Coetzee, die skywer van Koekemakranka.
Die fees vind op 3 en 4 September in die stadsaal in Kaapstad plaas.
– Besoek Elle Decoration vir meer inligting en om kaartjies te bespreek.
– Volg Nuus24 op Twitter.