Toeriste stroom na Kaapstad
2011-12-25 14:45
Kaapstad – Duisende plaaslike en oorsese toeriste het ten spyte van die huidige ekonomiese klimaat op Kaapstad toegesak, berig die SABC.
Toerismebeamptes sê mense fokus meer op ervarings as op duur vakansieverblyf. Sommige hotelle se verblyf is dieselfde as dié in Europa.
Calvin Gilfellan, hoof van Cape Town Routes Unlimited, het gesê mense is slimmer met hul geld en selfsorg-akkommodasie en kampeerterreine is vol bespreek.
Gilfellan het gesê hulle is eintlik verbaas oor die aantal toeriste wat na Kaapstad gestroom het omdat dit 'n baie moeilike finansiële jaar was.
Buitelandse toeriste meen dit is die moeite werd om na Kaapstad te reis en Suid-Afrikaners deel dié sentiment.
Tafelberg lok daagliks 'n gemiddeld van 5 000 besoekers.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter