Toeriste sterf in Hawaii-helikopterongeluk
2011-11-11 11:19
Honolulu – ‘n Helikopter wat vier toeriste op ‘n uitstappie oor Wes-Maui en die naburige eiland Molokai in Hawaii geneem het, het Donderdag in ‘n berg naby ‘n skool vasgevlieg.
Al die insittendes, insluitend die vlieënier, is in die ongeluk dood, het amptenare gesê.
Rod Antone, woordvoerder van die Maui-distrik, sê brandbestryders het vier lyke gevind en ‘n vyfde by die ongelukstoneel aan die oostelike kant van Molokai, maar hulle het gesukkel om dit onder die wrak uit te kry.
Die eienaar van Blue Hawaiian Helicopters het bevestig dat vyf mense dood is.
Die passasiers was glo twee mans en twee vroue van die VSA.
Hulle was op ‘n 45 minute lange toer van Kahului op Maui.
Hy wou nie die vlieënier se naam bekendmaak nie, aangesien sy vrou nog nie in kennis gestel is nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AP