15% meer toeriste in SA in 2010

2011-09-27 12:18
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Suid-Afrika het verlede jaar ’n “uitsonderlike” toename van 15,1% in toe­ris­te-getalle na die land gesien, het Marthinus van Schalkwyk, minister van toerisme, gesê.

Hy het in antwoord op ’n vraag in die parlement gesê meer as 8 miljoen toeriste het die land in 2010 besoek in vergelyking met net meer as 7 miljoen in 2009.

Van Schalkwyk het gesê dié syfer vergelyk gunstig met internasionale syfers.

“Syfers van die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie toon toerisme-aankomste het in 2010 wêreldwyd na raming met 6,7% toegeneem, wat beteken Suid-Afrika oortref internasionale markte met 8%.”

Die toename van 15,1% in toeristegetalle na Suid-Afrika was beter as dié van alle ander wêreldstreke, soos onder meer die Midde-Ooste (13,9%), Asië en die Stille Oseaan-eilande (12,6%), die Amerikas (7,7%), die res van Afrika (6,4%) en Europa (3,2%).

Dié toename was nie bloot aan die Wêreldbeker-sokker­toernooi te danke nie.

Syfers dui daarop dat toeristegetalle verlede jaar deur die jaar beter was as in 2009.

Van Schalkwyk het gesê die syfers toon ’n toename van 109,2% uit Sentraal- en Suid-Amerika, 39,1% uit Asië, 26,3% uit Australasië, 22,5% uit Noord-Amerika, 19,3% uit die Midde-Ooste, 12,8% uit die res van Afrika en 8,1% uit Europa.

"Dié syfers verskaf ’n betroubare basis waarop ons groeiteikens vir ontluikende markte kan bou."

“Uit ’n toerisme-oogpunt kan ons aansienlik voordeel trek uit Suid-Afrika se insluiting by die Bric-vennootskap,” het Van Schalkwyk gesê.

“Ons doen ons beplanning en strategieë in ooreenstemming daarmee.”

Die ministerie se reise in die vorige boekjaar – wat die minister, adjunkminister en amptenare insluit – het belastingbetalers R13,9miljoen uit die sak gejaag.

Die minister het 18 en die adjunkminister het tien internasionale reise onderneem.

Hulle het elkeen ook onderskeidelik op 52 en 85 binnelandse reise gegaan.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: reis  |  toerisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.