Toeriste in hospitaal oor chloor in swembad

2012-02-20 13:45
Tweets Share Share line Print

Phoeket – Meer as 30 mense, onder wie toeriste, is die afgelope naweek op die Thaise eiland Phoeket na ‘n hospitaal geneem ná 'n chloorlekkasie in ‘n hotelswembad, het plaaslike amptenare gesê.

Die voorval het kort ná 10:00 by die Phuket Orchid-oord-en-spa-hotel by Karon-strand plaasgevind, het die hoof-ondersoekbeampte, lt.kol. Chavalit Pethsripia gesê.

Volgens Pethsripia het meer as 30 mense ligte beserings opgedoen nadat hulle blootgestel is aan ‘n ongesonde hoë vlak van chloor in die swembad.

Die lekkasie het velirritasies en seer oë veroorsaak, het Phumin Silapan, die direkteur van die plaaslike Patong-hospitaal, gesê.

“Daar is 37 mense gehospitaliseer, insluitende 26 buitelanders,” het hy aan AFP gesê.

Hy het bygevoeg dat 12 mense reeds ontslaan is, terwyl 25 na ‘n groter hospitaal oorgeplaas is.

Een van die mense wat na die ander hospitaal geneem is, was ‘n swanger toeris wat asemhalingsprobleme ondervind nadat sy die chemikalieë ingeasem het.

Onder die toeriste was 10 Noorweërs en nege Swede. Vyf Swede, waarvan een in 'n ernstige toestand is, is steeds in die hospitaal, het die land se ministerie van buitelandse sake gesê.

Noorweë se ministerie van buitelandse sake het gesê al sy burgers het reeds of is in die proses om die hospitaal te verlaat.

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- AFP

Lees meer oor: thailand  |  toeriste  |  reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.