Toerismeveldtog inspireer jong Suid-Afrikaners
2009-08-06 13:58
Kwazulu-Natal - Suid-Afrika Toerisme (SAT) het ‘n opwindende manier ontdek om jong Suid-Afrikaners te inspireer om hul eie land te verken.
SAT het in samewerking met KZN Kuns en Toerisme met ‘n inisiatief na vore gekom wat plaaslike toerisme motiveer.
“Ons is bewus van meer Suid-Afrikaners wat plaaslik reis weens die huidige ekonomiese druk,” het minister van Toerisme, Marthinus van Schalkwyk gesê.
Besoekers van buite besef Suid-Afrika bied waarde vir hul geld.
"Daarom is dit belangrik om plaaslike toerisme te motiveer."
Van Schalwyk het die bekendstelling van ‘n murasie as deel van SAT se bemarkingsveldtog, beter bekend as Sho’t Left, bygewoon.

1.) Volgens Van Schalkwyk blyk plaaslike toeriste en toeriste van ander Afrikalande die grootse deel van SA se besoekers uit te maak. Die Sho't Left veldtog is nou in sy vyfde bestaansjaar en lig plaaslike reisvoordele in.

2.) Die veldtog sluit gedurig ooreenkomste met plaaslike reisagentskappe vir goedkoper reispakkette. Die KZN-murasie verteenwoordig die innoverende en inspirerende natuur van die veldtog. Dit is die tweede murasie van sy soort.

3.) Jong kunstenaars het daarin geslaag om ‘n aanloklike beeld vir die jonger generasie te skep.
- GoTravel.co.za
Indien jy Kwazulu-Natal wil besoek, kliek hier vir die beste pryse.