Toer op elektriese fietse in Londen
2011-06-24 16:03
Toeriste verkies al hoe meer om bestemmings op twee wiele te besigtig met talle besighede wat fietse per uur of per dag uithuur.
In Londen het ‘n nuwe inisiatief die strate getref wat fietsry nog meer toeganklik en minder sweterig sal maak.
Hertz het op 6 Junie die eerste groot motorhuur-maatskappy geword om e-fietse by sy tak in Marble Arch uit te huur.
Hertz se e-fietse kom in twee modelle en word deur litium-ioon batterye en byna geluidlose motors gedryf.
Met die A2B Hybrid 24-model moet jy nog bietjie trapkrag insit, met die spoed wat verhoog hoe harder jy trap.
Die ander model, die Fast4ward Edge, werk amper soos ‘n bromponie en jy hoef glad nie te trap nie.
“As die bekendstelling ‘n sukses is sal nog fietse potensieel in Londen vrygestel word en daarna in ander stede ook verhuur word,” het Neil Cunningham, algemene bestuurder van Hertz in Brittanje gesê.
– Lees meer by BBC
– Volg Nuus24 op Twitter