Te veel toeriste by Sossusvlei wek kommer

2011-06-02 11:00
Tweets Share Share line Print

Windhoek – Daar is aanhoudende toerisme-aktiwiteit in die Sossusvlei-omgewing van die Namibiese Naukluft Nasionale Park en dit grens op onverantwoordelike toerisme, meen Ben Beytel, uittredende direkteur van parke en wildlewe-bestuur in die departement van omgewingsake en toerisme.

Wat veral van kommer is, is die swaar verkeer op die paaie in die park en die opskiet van lodges.

“Ons het onbeheerde toerisme, mense kom bou net lodges. Die gevolg is dat hulle dink dit sal ‘n winsgewende besigheid wees. Dit is nie altyd winsgewend nie en lei net tot onnodige kompetisie tussen die verskillende lodges,” het hy gesê.

Daar is sowat 600 lodges rondom Sossusvlei, wat almal van die vlei gebruik maak.

“In ons parke kyk ons uit na die kapasiteit van toerisme wat ons kan dra. Jy kan nie massa-toerisme hê nie, dit beïnvloed mense se ervaring wanneer hulle die parke besoek, want daar is dan te veel voertuie,” het Beytel gesê.

Sossusvlei is ‘n sout- en kleipan wat deur hoë rooi duine omring word en is in die suidelike deel van die Namib-woestyn geleë.

Gedurende besonderse reënerige seisoene kan Sossusvlei opvul met water en gevolglik stroom Namibiërs soontoe om dié gesig te aanskou. Ander tye is dit droog.

Té veel toeriste besoek die omgewing, terwyl die paaie nie behoorlik in stand gehou kan word nie.

Gevolglik kry toeriste ook nie die wilderniservaring nie, as gevolg van die konstante vloei van motors op die pad en dit raak op die uiteinde die wildlewe ook.

Daar word berig dat minstens 400 toeriste die omgewing daagliks besoek.

Lees meer by New Era

 

Lees meer oor: namibië  |  sossusvlei  |  toerisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.